Roermond
From Wikipedia, the free encyclopedia
Roermond (Limburgs: Remunj, Remuunj) is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat aan die Maas-rivier en die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale grens. Die munisipale gebied het sowat 56 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 71 km².
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Roermond | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Maasplassen | |
Ligging van Roermond-munisipaliteit in Limburg | |
Koördinate: 51°12′00″N 5°59′00″O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Limburg |
Regering | |
• Burgemeester | Rianne Donders-de Leest (CDA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 71,19 km2 (27,49 vk. myl) |
• Land | 60,91 km2 (23,52 vk. myl) |
• Water | 10,28 km2 (3,97 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 56 255 |
• Digtheid | 924/km2 (2 393,1/vk. myl) |
Poskode | 6040-6049 en 6070-6071 |
Skakelkodes | 0475 |
Webwerf | www.roermond.nl |
Sluit
Die stad Roermond het in 1231 stadsregte gekry. Vroeër was die stad 'n deel van die hertogdom Gelre en die (Spaanse en Oostenrykse) Suidelike Nederlande gewees. Sedert 1814 behoort die stad tot Nederland, met die uitsondering van 1830 tot 1839, toe die stad van België deel uitgemaak het.
In die stad Roermond vloei die Roer-rivier in die Maas.