P'ent'ay
From Wikipedia, the free encyclopedia
P'ent'ay (Ge'ez: ጴንጤ) is ’n oorspronklik Amharies-Tigrinya-term vir Pinkster- en ander Oostersgeoriënteerde Protestantse Christelike kerke in Ethiopië, Eritrea en die Ethiopiese en Eritrese diaspora.[1][2] Vandag word na alle Evangelisties-Christelike denominasies en organisasies in Ethiopië en Eritrea verwys as die Ethiopies-Eritrese Evangelistiese Kerk.[3][4][5] Soms word hulle ook Wenigēlawī (Ge'ez: ወንጌላዊ) genoem.
Ethiopiese en Eritrese Evangelistiese Christene het ontstaan uit werk deur Amerikaanse en Europese sendelinge onder jong mense wat die Ortodokse Tewahedo verlaat het weens teologiese verskille. Hulle geloof is later deur hulle vervolging versterk. P'ent'ay-Christene het van die Ortodokse Tewahedo-kerke[2] en ander Christelike denominasies weggeskeur met die hulp van Protestantse sendelinge wat die Christelike geloof in Ethiopië wou hervorm. Sedert die stigting van die P'ent'ay-kerke en -organisasies is prominente bewegings onder volgelinge die Pinksterbeweging, Baptisme, Lutheranisme, Metodisme, Presbiterianisme en Mennonisme.[6]