Nasionale Intelligensiediens
voormalige intelligensie-agentskap van die Republiek van Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nasionale Intelligensiediens (NI) is 'n voormalige intelligensie-agentskap van die Republiek van Suid-Afrika wat die ouer Buro vir Staatsveiligheid (BOSS) in 1980 vervang het. NI is op 1 Januarie 1995 vervang deur die Suid-Afrikaanse Geheime Diens (as buitelandse intelligensiediens) en die Nasionale Intelligensie-agentskap (as binnelandse intelligensiediens) met die aanvaarding van die Wet op Intelligensie (1994).