Naaimasjien
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Naaimasjien is 'n meganiese toestel waarmee tekstielstowwe, leer of sagte plastiek met behulp van garing aan mekaar gestik (geheg) word. Die masjiene is tydens die Industriële Revolusie ontwerp en het die klerebedryf se doeltreffendheid beduidend verbeter.