NG gemeente Vishoek
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Vishoek is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die suide van die Kaapse Skiereiland. Dit het tot 1941 as die NG gemeente Simonstad bekendgestaan en toe sowat 'n dekade lank as Simonstad-Kalkbaai, nadat laasgenoemde deel opnuut deel van die moedergemeente geword het. Die hedendaagse Vishoekse gemeente is op 9 Desember 1855 van die NG gemeente Wynberg afgestig, sowat 20 jaar nadat Wynberg dienste in die Episkopaalse kerk en die Wesleyaanse kapel in Simonstad begin hou het vir die Afrikaans-Hollandse lidmate in dié omgewing.