Maltesekruismeganisme
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Maltesekruismeganisme of Geneefse aandrywer is 'n meganisme wat kontinue rotasie omskakel na onderbroke rotasie. Dit is effektief 'n onderbroke rat waar die dryfwiel met 'n pennetjie toegerus is, wat inroteer in 'n skuifslot van die aangedrewe wiel. Hierdeur word die aangedrewe wiel met elke siklus van die dryfwiel, met een fase of stap aangeskuif. Die dryfwiel het ook 'n gehewe sirkelvormige stuitblok wat die aangedrewe wiel in 'n bepaalde posisie sluit tussen skuiwe.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |