Landbou in Suid-Afrika
From Wikipedia, the free encyclopedia
Suid-Afrika het 'n relatief belangrike landbousektor en is tradisioneel selfvoorsienend in die meeste landbouprodukte. In goeie seisoene is dit selfs een van min netto voedseluitvoerlande. Naas enkele tienduisend markgerigte plase en 'n groter aantal tradisionele bestaansboerderye is daar sowat duisend landboukoöperasies en ander agribesighede soos wynkelders, kommoditeitsmaatskappye, meulens, graanhandelaars, voedselprosesseerders, slagpale en verkoelingstoorfasiliteite dwarsoor die land.
DIE EKONOMIE VAN SUID-AFRIKA | |
|