Konstantyn I van Griekeland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Konstantyn I (Grieks: Κωνσταντῖνος Αʹ, Βασιλεὺς τῶν Ἑλλήνων, Konstantínos Αʹ, Vasiléfs ton Ellínon; 2 Augustus 1868 – 11 Januarie 1923) was van 1913 tot 1917 en van 1920 tot 1922 koning van Griekeland. Hy was aanvoerder van die Griekse leër tydens die onsuksesvolle Grieks-Turkse Oorlog van 1897 asook die suksesvolle Balkanoorloë van 1912–1913 waarin Griekeland Thessaloniki verower en sy grondgebied en bevolking verdubbel het.
Kitsfeite Periode, Voorganger ...
Konstantyn I | |
---|---|
Koning van die Hellene | |
Periode | 1913–1917; 1920–1922 |
Voorganger | George I; Alexander |
Opvolger | Alexander; George II |
Huis | Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg |
Vrou | Prinses Sophie van Pruise |
Kinders | George II van Griekeland Alexander van Griekeland Helena, koningin van Roemenië Paul van Griekeland Prinses Irene, Hertogin van Aosta Prinses Katherine |
Vader | George I van Griekeland |
Moeder | Olga Konstantinowna van Rusland |
Gebore | 2 Augustus 1868, Athene |
Oorlede | 11 Januarie 1923, Palermo, Italië |
Sluit