Heropwekkingremme
From Wikipedia, the free encyclopedia
Heropwekkingremme is 'n energieherwinningsmeganisme wat 'n voertuig vertraag of rem, deur sy kinetiese energie om te skakel in 'n ander vorm, wat óf onmiddellik gebruik kan word of gestoor kan word totdat dit benodig word. Dit is in teenstelling met konvensionele weerstandsremme, waar die oorskot kinetiese energie direk via wrywing of indirek via elektriese weerstand in hitte omgeskakel word, en dus vermors word.
Heropwekkingremme is die herwinning van gestoorde kinetiese energie in 'n bewegende voertuig wanneer dit vertraag. Hierdie herwonne energie word teruggelewer aan die kragbron waaruit dit gevoed word.
Heropwekkingremme word hoofsaaklik toegepas by elektriese traksie (treine, trems en metro), en by hysbakke en hyswerktuie. Moderne elektriesaangedrewe voertuie en hibriedmotors gebruik ook heropwekkingremme.