Geheuerympie
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Geheuerympie of geheuemiddel is ’n leertegniek om ’n mens te help onthou. Van die metodes wat dikwels gebruik word, is ’n kort rympie of ’n woord om ’n reeks name of woorde te onthou. Ook beelde of klanke kan gebruik word. Dit is geskoei op die feit dat ’n mens persoonlike, verrassende, snaakse of seksuele inligting makliker onthou as ander, minder interessante inligting.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
’n Algemene geheuerympie is waar die eerste letter van ’n reeks woorde gebruik word om ’n akroniem of begrip te vorm wat maklik is om te onthou. So kan "Rog G. Biv" gebruik word om die kleure van die reënboog (rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo, violet) te onthou.
In elektronika word kleurkodes op sommige komponente gebruik, waar elke kleur ’n spesifieke waarde (0-9) voorstel.
Geheuerympies kan ook gebruik word waar elke woord bestaan uit die aantal syfers van ’n lang nommer. In Engels kan die eerste 15 syfers van die wiskundige konstante pi (3,14159265358979) onthou word met die sin "Now I need a drink, alcoholic of course, after the heavy lectures involving quantum mechanics". Pifilologie is die praktyk om geheuerympies vir pi te skep.
Ook met die leer van vreemde tale word ’n assosiasie met ’n woord in die leerder se eie taal algemeen gebruik om ’n woord in die vreemde taal te onthou. Die woord ohel, Hebreeus vir tent, kan byvoorbeeld onthou word met die sin "O hel, daar's ’n gogga in my tent." Die geslag van woorde kan onthou word deur kleurassosiasie, byvoorbeeld blou vir manlik en rooi vir vroulik. Die manlike Spaanse woord el pie kan dan onthou word deur ’n voet wat op ’n vleispastei (Engels: pie) trap en ’n blou vulsel wat uitspuit.