Gallië
historiese streek van Wes-Europa bewoon deur Keltiese stamme / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die term Gallië (Latyns: Gallia) verwys na die geografiese gebied tussen die Ryn in die ooste, die Alpe en die Middellandse See in die suide, die Pireneë en die Atlantiese Oseaan in die weste en noorde, wat sedert die 7de en 6de eeu v.C. deur Kelte (Latyns: Galli) bewoon is. Die sowat sestig Galliese stamme in hierdie gebied, wat ongeveer die huidige Frankryk, België, westelike Switserland en Noord-Italië beslaan, moet eerder as 'n kulturele en waarskynlik ook ekonomiese eenheid beskou word. Voor die Romeinse verowering het hierdie stamme nooit in 'n gemeenskaplike ryk verenig nie.