Fort Galle
From Wikipedia, the free encyclopedia
Fort Galle is 'n fort in die stad Galle in die suide van Sri Lanka, met 'n geskiedenis van meer as 400 jaar. Die eerste beskeie fort by hierdie ligging, is in 1588 deur die Portugese opgerig. In 1541 is 'n kapel in die fort opgerig, wat tans vervalle is. Dit was egter onder die Nederlandse bewind na hul oorname in 1640, wat die fort grootliks ontwikkel is. Fort Galle het as 'n versterkte handelsnedersetting van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) gedien, waar Nederlandse handelaars en soldate ingewoon het. In 1796 het die Britte dit oorgeneem, en dit sou tot die einde van die koloniale periode onder hulle voogdyskap bly. Die fort en die vesting is as 'n wêrelderfenisgebied verklaar.
Kitsfeite *, Unesco-wêrelderfenisterrein ...
Fort Galle* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Posisie van Fort Galle in Sri Lanka | |
Koördinate: 6°1′22″N 80°13′3″O | |
Lande | Sri Lanka |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | iv |
Verwysings | 451 |
Streek† | Asië en Stille Oseaan |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1988 (12de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Sluit