Bothanomics
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die term Bothanomics verwys na die program van ekonomiese hervorming wat deur die destydse Suid-Afrikaanse staatspresident Pieter Willem Botha tydens sy openingsrede op 5 Februarie 1988 in die nasionale parlement in Kaapstad afgekondig is.
Die Politieke ekonomie van Suid-Afrika-reeks | |
|
Die maatreëls was die regering se antwoord op die ernstige ekonomiese krisis wat Suid-Afrika in die laat tagtigerjare geknel het en het onder meer voorsiening gemaak vir:
- die invoering van 'n Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) wat die Algemene Verkoopbelasting (AVB) vervang het;
- die sentralisering van die staatsfinansies;
- die privatisering van staatsbeheerde maatskappye soos die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (Eskom), die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste (SAVD), Pos en Telekommunikasie (P&T), die staalvervaardiger Yster- en Staalkorporasie (Yskor) en 'n aantal paaie;
- 'n meer doeltreffende staatsfinansiële bestuur, die vermindering van staatsbesteding en die terugbetaling van staatskuld (waarvoor die inkomste uit privatiserings gebruik sou word);
- die bevordering en ontwikkeling van infrastruktuurprojekte en -instellings, en kleinsakeondernemings in ontwikkelingsgebiede;
- deregulering ten gunste van Swart sakelui;
- die bevriesing van lone en salarisse in die staatsdiens om inflasie te bestry; en
- besparings in die besteding vir sosiale welsyn en 'n verlaging in die standaard van bepaalde openbare dienste.