Bodegraven
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bodegraven is 'n dorp en voormalige munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Zuid-Holland. Bodegraven is geleë tussen die vier grootste stede Amsterdam, Utrecht (munisipaliteit), Rotterdam en Den Haag. Die voormalige munisipaliteit het 19 434 inwoners (1 Januarie 2010) getel. Tot die voormalige munisipaiteit het ook die dorpe De Meije en Nieuwerbrug aan den Rijn behoort. Sedert 2011 behoort al die dorpe tesaam tot die munisipale gebied van Bodegraven-Reeuwijk. Bodegraven is die grootste en belangrikste plek van die nuwe munisipaliteit.
Bodegraven | |
---|---|
Land | Nederland |
Provinsie | Zuid-Holland |
Koördinate | 52°5′9″N 4°44′40″O |
Oppervlak: | |
- Totaal | 38,50 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0 m |
Bevolking: | |
- Totaal (4 Oktober 2019) | 18 645 |
- Bevolkingsdigtheid | 482/vk km |
Tydsone | UTC+1 (CET) |
Amptelike webwerf | www.gemeente.bodegraven-reeuwijk.nl |