From Wikipedia, the free encyclopedia
Friedrich August I van Sakse, dikwels August die Sterke genoem (* 12 Mei 1670 in Dresden; † 1 Februarie 1733 in Warskou), was keurvors van Sakse (as Friedrich August I) asook vanaf 1697 koning van Pole en grootvors van Litaue (as August II) in 'n personele unie.
August II | |
---|---|
Keurvors van Sakse (1694-1733) Koning van Pole en grootvors van Litaue (1697-1706, 1709-1733) | |
Friedrich August die Sterke van Pole | |
Vorstehuis | Wettin |
Titels | Keurvors van Sakse Koning van Pole Grootvors van Litaue |
Regeer as keurvors van Sakse | 27 April 1694 – 1 Februarie 1733 |
Voorganger | August III |
Opvolger | Johann Georg IV |
Regeer as koning van Pole en grootvors van Litaue | 15 September 1697 – 1706 |
Kroning | 15 September 1697; Wawel-katedraal, Krakow, Pole |
Voorganger | Jan III Sobieski |
Opvolger | Stanislaus Leszczyński |
Regeer as koning van Pole en grootvors van Litaue | 1709 – 1 Februarie 1733 |
Voorganger | Stanislaus Leszczyński |
Opvolger | Stanislaus Leszczyński |
Gebore | 12 Mei 1670; Dresden, Sakse |
Oorlede | 1 Februarie 1733; Warskou, Pole |
Begrawe | Februarie 1991; Wawel-katedraal, Krakow, Pole |
Eggenoot | Christiane Eberhardine |
Vader | Johann Georg III |
Moeder | Anna Sophia |
Geloof | Lutheranisme later Rooms-Katolieke Kerk |
August II word as een van die skitterendste vorste van die laat 17de en vroeë 18de eeu beskou, veral wat sy hoofse pragvertoon en sy liefdeslewe met altesaam twintig maitresses betref, maar ook as prototipe van absolutistiese selfvertoning wat sy ambisieuse bouprojekte en versamelpassie betref. Hy het van Dresden 'n eersterangse metropool van die barokboukuns gemaak, terwyl die Keurvorstedom Sakse tydens sy heerskappy 'n ongekende ekonomiese, infrastrukturele en kulturele bloeitydperk beleef het.
Tegelykertyd het hy in die Groot Nordiese Oorlog verwikkel geraak waartydens hy die Poolse kroon vir goed gewen het. Nogtans het hy met sy onvermoë om ware hervormings te weeg te bring die pad vir nuwe oorloë en groeiende Russiese invloed in Pole berei. Na die regentskap van August II en sy seun August III word in Pole derhalwe ook as die "Saksiese Nag" verwys.
Wikimedia Commons bevat media in verband met August II van Pole. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.