3β-Hidroksisteroïeddehidrogenase
From Wikipedia, the free encyclopedia
3β-Hidroksisteroïeddehidrogenase/Δ5-4 isomerase (3β-HSD) (EC 1.1.1.145) is 'n ensiem wat die biosintese van progesteroon vanaf pregnenoloon; 17α-hidroksiprogesteroon van 17α-hidroksipregnenoloon; en androsteendioon vanaf dehidroëpiandrosteroon (DHEA) in die bynier kataliseer. Dit is die enigste ensiem in die bynier kortikosteroïedsintese wat nie deel van die sitochroom P450-familie is nie.[1] In die mens is daar twee 3β-HSD isosieme wat deur die HSD3B1- en HSD3B2-gene gekodeer word.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
3β-HSD is ook bekend as delta Δ5-4-isomerase, wat die oksidasie-omskakeling van Δ5-3β-hidroksisteroïede na die Δ4-3-keto konfigurasie kataliseer, en is dus noodsaaklik vir die biosintese van alle klasse van hormonale steroïede, naamlik progesteroon, glukokortikoïede, mineralokortikoïede, androgene en estrogene.[2]
Die 3β-HSD kompleks is verantwoordelik vir die omskakeling van:
- Pregenoloon na progesteroon
- 17α-Hidroksipregnenoloon na 17α-hidroksiprogesteroon
- DHEA na androsteendioon
- Androsteendiol na testosteroon
- Androstadiënol na androstadienoon